Afdelings
Woonstelle
Silwerkruin beskik oor 19 woonstelle. Die verblyf is ekonomies en ideeal vir onafhanklike bejaardes.
Memory Lane
'n Afdeling is geskep wat spesifiek voorsiening maak vir persone met Alzheimersiekte en ander demetias. Klem word geplaas op 'n verskeidenheid van stimulasie programme wat met behulp van vrywilligers aangebied word. Inwoners het ook toegang tot 'n veilige ingeslote tuin.
Kamers
In Silwerkruin is daar 62 enkel-, en 20 dubbelkamers en ook 3 vier-bedsale. 'n Totaal van 130 bejaardes kan by die huis gehuisves word.