Silwerkring
Die Silwerkring bestaan uit 'n groep inwoners, wat op 'n weeklikse basis vergader om verskeie interessante onderwerpe informeel in die groep te bespreek. Uitstappies word ook gereël en die groep neem aktief deel aan die uitstappies. Die doel van hierdie byeenkomste is om intelektuele stimulasie te bevorder ten einde breinfunksie in stand te hou.
Memory Lane
Kognitiewe en sensoriese stimulasie word op 'n gereelde basis gedoen. Musiek is 'n baie effektiewe stimulasie vir hierdie groep.
Rek en Strek Oefeninge
Twee keer per week word rek en strek oefeninge aan inwoners aangebied. Die inwoners wat nog beweeglik is neem graag deel aan hierdie oefeninge en geniet die samesyn wat dit meebring.
Speletjies
Onder leiding van die Lions klub word daar die eerste Woensdag van elke maand Bingo aangebied. 'n Verskeidenheid bordspeletjies is beskikbaar vir die inwoners om informeel sosiaal te verkeer.