Aansoeke
AANSOEKPROSES
Silwerkruin werk vanaf ‘n waglys vir plasings. Ten einde die aansoeker se naam op die waglys te plaas, moet ‘n voorlopige aansoekvorm voltooi en teruggestuur word na Silwerkruin (admin@silwerkruin.com en/of aktiwiteite@silwerkruin.com)
Wanneer hy/sy volgende op die waglys is en gekontak word, is daar ‘n volledige aansoekboek wat voltooi moet word en ingehandig word by Silwerkruin voordat opname kan plaasvind.
Die aansoeker/s en verwante sal deur die Bestuurder gekontak vir evaluering voor toekenning van kamer/woonstel.
Die nuutste tariewelys vanaf 1 April 2025 (ingesluit 3 X etes per dag, wasgoed word gedoen en kamer word skoongemaak).
Silwerkruin het enkel-, dubbelkamers, “batchelor” woonstelle en ‘n Dementia afdeling. Wanneer daar aansoek gedoen word vir ‘n woonstel, moet die aansoeker/s nog selfversorgend wees. Die woonstelle het hul eie badkamer en “kitchenette”. Kamer/s se badkamergeriewe word gedeel.
Kamer tariewe sluit versorging in, maar nie 1 tot 1 versorging per inwoner nie. Die versorging het betrekking op die inwoners per gang. Indien meer intensiewe sorg benodig word, kan daar van privaatversorging wat beskikbaar is by Silwerkruin gebruik gemaak word en wat dan ekstra kostes beloop buiten die maandelikse tarief. In dié verband kan die Hoof Verpleegkundige, epos headnurse@silwerkruin.com gekontak word.
U is welkom om die Bestuurder te kontak indien u enige verdere navrae het by epos adres : Bestuurder@silwerkruin.com en enige finansiële navrae kan gerig word aan die Boekhouer, epos Finans1@silwerkruin.com.
U is welkom om gereeld navraag te doen oor vordering op waglys na indiening van die voorlopige aansoekvorm.