Silwerkruin
Fasiliteite
Woonstelle
Silwerkruin beskik oor 19 woonstelle en 2 sorgeenhede. Die verblyf is ekonomies en ideeal vir onafhanklike bejaardes.
Memory Lane
‘n Afdeling is geskep wat spesifiek voorsiening maak vir persone met Alzheimersiekte en ander dementias. Klem word geplaas op ‘n verskeidenheid van stimulasie programme wat met behulp van vrywilligers aangebied word. Inwoners het ook toegang tot ‘n veilige ingeslote tuin.
Kamers
In Silwerkruin is daar 62 enkel-, en 20 dubbelkamers en ook 3 vier-bedsale. ‘n Totaal van 130 bejaardes kan by die huis gehuisves word.
Dienste
Skoonmaak- en Wasserydienste
Skoonmaak- en wasserydienste word sewe dae per week gelewer deur WPC.
Kombuis
Drie gebalanseerde maaltye word daagliks onder toesig van ‘n voedseldiensbestuurder voorberei. Daar word voorsiening gemaak vir diabetiese en ander spesiale diëte. ‘n Gekwalifiseerde dieetkundige besoek die huis maandeliks.
Aktiwiteite
Silwerkring
Die Silwerkring bestaan uit ‘n groep inwoners, wat op ‘n weeklikse basis vergader om verskeie interessante onderwerpe informeel in die groep te bespreek. Uitstappies word ook gereël en die groep neem aktief deel aan die uitstappies. Die doel van hierdie byeenkomste is om intelektuele stimulasie te bevorder ten einde breinfunksie in stand te hou.
Memory Lane
Kognitiewe en sensoriese stimulasie word op ‘n gereelde basis gedoen. Musiek is ‘n baie effektiewe stimulasie vir hierdie groep.
Rek en Strek Oefeninge
Twee keer per week word rek en strek oefeninge aan inwoners aangebied. Die inwoners wat nog beweeglik is neem graag deel aan hierdie oefeninge en geniet die samesyn wat dit meebring.
Speletjies
Onder leiding van die Lions klub word daar die eerste Woensdag van elke maand Bingo aangebied. ‘n Verskeidenheid bordspeletjies is beskikbaar vir die inwoners om informeel sosiaal te verkeer.
Algemeen

Fondswerwing en Donasies
Fondswerwing is 'n onontbeerlike bron van inkomste. Die jaarlikse basaar is die hoof fondswerwingsaksie en word goed ondersteun deur die gemeenskap. Die Vrouetee is ook onder andere 'n lekker kuiergeleentheid. Verskeie projekte vir fondswerwing word in die nabye toekoms beplan. Hou asseblief die nuus dop vir fondswerwingsgprojekte.

Spesiale Dae
Moedersdag, Vadersdag, Mandeladag, Lentedag, Loslitdag en ander spesiale dae word met spesiale moeite aangebied. Die week vir Ouer Persone word jaarliks deur middel van 'n bekendstellings veldtog en stap deur die inwoners en personeel aangebied. Na afloop van die stap word heerlik saamgekuier en tradisionele speletjies in die tuin gespeel.
What my clients say
How yoga has changed lives? Hear from our newest members.
