Die ideale kandidaat is verantwoordelik om selfstandig met kundige bestuurstyl die veiligheid, instandhouding en netheid van die geboue en terrein, met ‘n klein onderhoudspan, effektief en goed te bestuur. Die opstel en implementerimg van ‘n doelmatige onderhoudsplan om knelpunte te identifiseer en aanbevelings te maak vir verbeterings aan die terrein en Silwerkruin infrastruktuur.
Minimum Vereistes
- Geskikte tegniese kwalifikasies vir instandhoudingtake van geboue en toerusting en, waar nodig, te koördineer met eksterne kontrakteurs.
- Uitgebreide kennis van Beroepsgesondheid- en Veiligheids praktyke en regulasies.
- Sterk organisatoriese en probleemoplossingvaardighede en die vermoë om onder druk die daaglikse instandhoudings- en herstelwerk uitdagings doeltreffend te hanteer.
- Kennis van tuinmaak, infrastruktuur en vertroud wees met tegniese installasies op die terrein.
- Toesig oor voorraad, toerusting en instandhoudingsbegroting.
- Geldige bestuurslisensie en PDP.
- Buigsaamheid om te reageer op instandhoudingsnoodgevalle buite gewone ure.
- Deernis, geduld en empatie vir die unieke behoeftes en uitdagings van ouerwordende persone.
- Goeie spanwerk eienskappe.
Ons bied ‘n onderhandelbare salaris volgens kwalifikasies en ondervinding.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Aansoeke sluit sodra ‘n geskikte kandidaat aangestel is.
Epos aansoeke wat die volgende dokumentasie insluit aan:
bestuurder@silwerkruin.com of skakel 021 873 1040 vir meer inligting.
- Volledige CV
- Bewys van bestuurderslisensie en PDP
- Bewys van tegniese kwalifikasies
- Kontakbare verwysings met kontaknommers
